Alice Munro | |
---|---|
Gebore | Alice Ann Laidlaw 10 Julie 1931 |
Sterf | 13 Mei 2024 |
Nasionaliteit | Kanada |
Alma mater | Universiteit van Western Ontario |
Beroep | Kortverhaalskrywer |
Bekend vir | Dance of the Happy Shades (1968) Lives of Girls and Women (1971) Friend of My Youth (1990) Runaway (2004) |
Eggenoot | James Munro (1951-1972) Gerald Fremlin (1976-2013) |
Kinders | 3 |
Alice Ann Munro (10 Julie 1931 tot 13 Mei 2024) was 'n Kanadese skrywer van hoofsaaklik kortverhale. Sy het alreeds verskeie male die Governor General's Award en Giller-prys in Kanada gewen. Daarbenewens is sy bekroon met die Man Booker Internasionale Prys in 2009 en met die Nobelprys vir Letterkunde in 2013, albei pryse vir haar lewenswerk.